Tuesday, 23 February 2016

Digitale Pedagogie vs Aanlyn Leer

In hierdie blog sal die atikels: Decoding Digital Pedagogy pt 1 (Beyond the LMS) en pt 2 ((Un)mapping the Terrain) bespreek word.

Eerstens, die artikels lees baie makliker as die vorige blog se artikel.  Dit is maklik om te verstaan en dit is ook korter as die vorige artikel.

"Beyond the LMS" handel oor die probleem dat mense dikwels digitale pedagogie misverstaan vir aanlyn leer.  Digitale pedagogie en Aanlyn leer is nie dieselfde ding nie.
LMS (Learning Management System) verwys na 'n raamwerk waarbinne tradisionele onderwys plaasvind.  Aanlyn leer vind plaas binne die LMS, terwyl digitale pedagogie weg van die LMS beweeg.

Volgens die artikel pas die LMS nie aan by die vinnige veranderende wêreld nie.  Die LMS maak voorsiening vir aanlyn leer, maar dit fokus net op basiese dinge aanlyn soos om inligting aanlyn te kry, terwyl die internet meer ingewikkeld is en 'n verskeidenheid van maniere om te leer bied.

Digitale pedagogie gaan verby die perke wat die LMS stel.  Volgens die artikel is digitale pedagogie "die plek waar filosofie en die praktyk ontmoet".  Met ander woorde digtale pedagogieë dink oor nuwe idees (filosofeer oor verskillende dinge) en gaan oor die perke wat gestel is om leerwerk lekker te maak vir die nuwe generasie.

Digtale pedagogieë improviseer dus, hulle reageer ook op die nuwe samelewing en eksperimenteer met nuwe idees.  Daar is geen perke vir digtale pedagogieë nie, en indien daar wel is, sal hulle dit ook oorskry om inligting op 'n "lekker" manier oor te dra.

(Un)mapping the Terrain verduidelik dat mens nie net digitale pedagogie kan leer in een les nie, maar dat digitale pedagogie 'n soort doktine is.  Dit is amper soos 'n graad waarvoor jy leer.  Meer spesifiek, vereis digitale pedagogie meer navorsing, ervaring, 'n oopheid vir elke nuwe aktiwiteit wat geleer kan word, tegnologie en samewerking.
Die artikel voer ook aan dat digitale pedagogieë oor die magsverhoudings tussen studente en onderwysers na dink.  Hulle probeer ook om instansies van leer in samewerking met mekaar te maak en die instansies sonder hiërargie te maak.

Digtale pedagogieë leer ook hul gereedskap, in plaas daarvan dat die gereedskap hul leer en beperk.

In gevolgtrekking voer die twee artikels aan dat digitale pedagogie nie dieselfde is as aanlyn leer nie, aangesien aanlyn leer beperk is, terwyl digitale pedagogie oor perke gaan om aan te pas by die veranderende wêreld.

Tuesday, 16 February 2016

Digitale Pedagogie Ontkoppel

Sooooo waar om te begin??? Op die oomblik weet ek nie eers wat ek gelees het nie, maar here goes...

Eerstens... Wat is digitale pedagogie??? Digitaal verwys na elektroniese tegnologie, terwyl  pedagogie verwys na wat geleer kan word, soos nuwe teorieë, strategieë of onderwyspraktyke. Dus kan digitale pedagogie omskryf word as 'n poging om tegnologie te gebruik om inligting oor te dra.

Ons lewe tans in 'n samelewing waar enigiets gekoppel kan word aan tegnologie, selfs onderrig.  Leerders kan inligitng vir take aanlyn soek, boeke kan aanlyn gevind  en gelees word en onderwysers bied selfs lesings aan op PowerPoint.  Dit het tot 'n punt gekom waar daar geglo word dat niks sonder tegnologie gedoen kan word nie.  MAAR die artikel voer aan dat digitale pedagogie steeds gedoen kan word sonder om gekoppel te word aan tegnologie.

Sommige onderwysers/teoretici het dus begin soek na alternatiewe. 

Bowen stel die idee van "naak onderrig" voor.  Bowen stel voor om alle rekenaars en projektors te verwyder uit die klaskamer en sodoende die klaskamer 'n interaktiewe klaskamer te maak.
 
Die klaskamer kan ook dien as 'n sekere netwerk.  Dit is duidelik dat leerders inligting aanlyn soek.  Die klaskamer kan omskep word in 'n netwerk waar leerders inligting kan gaan soek.  In plaas van aanlyn vir inligting gaan soek kan die klaskamer gevul word met verskillende boeke, artikels en ander bronne en sodoende kan leerders in die klaskamer gaan inligitng soek.

Daar is ook bevind dat leerders gebruik maak van soekenjins op die internet om hul werk vir hulself te vergemaklik.  Leerders druk 'n woord in op 'n artikel en vind dan maklik die inligting wat hulle nodig het-dikwels weet die leerders dan nie eers wat aan gaan in die leesstuk nie.  Leerders moet dus dan aangemoedig word om nie gebruik te maak van soekenjins nie, maar liewers self woorde en inligting op te soek in tekste en boeke wat hulle lees.  Sodoende sal leerders meer intensief/diep lees en ook die breër konteks verstaan waarbinne hulle lees (afstand lees).

Bogenoemde is maar net 'n paar voorbeelde waar digitale pedagogie ontkoppel kan word.

(Lol! Ek weet nie eers of dit reg is nie, maar ek hoop ek het darem die regte inligting oorgedra).