Sooooo waar om te begin??? Op die oomblik weet ek nie eers wat ek gelees het nie, maar here goes...
Eerstens... Wat is digitale pedagogie??? Digitaal verwys na elektroniese tegnologie, terwyl pedagogie verwys na wat geleer kan word, soos nuwe teorieë, strategieë of onderwyspraktyke. Dus kan digitale pedagogie omskryf word as 'n poging om tegnologie te gebruik om inligting oor te dra.
Ons lewe tans in 'n samelewing waar enigiets gekoppel kan word aan tegnologie, selfs onderrig. Leerders kan inligitng vir take aanlyn soek, boeke kan aanlyn gevind en gelees word en onderwysers bied selfs lesings aan op PowerPoint. Dit het tot 'n punt gekom waar daar geglo word dat niks sonder tegnologie gedoen kan word nie. MAAR die artikel voer aan dat digitale pedagogie steeds gedoen kan word sonder om gekoppel te word aan tegnologie.
Sommige onderwysers/teoretici het dus begin soek na alternatiewe.
Bowen stel die idee van "naak onderrig" voor. Bowen stel voor om alle rekenaars en projektors te verwyder uit die klaskamer en sodoende die klaskamer 'n interaktiewe klaskamer te maak.
Die klaskamer kan ook dien as 'n sekere netwerk. Dit is duidelik dat leerders inligting aanlyn soek. Die klaskamer kan omskep word in 'n netwerk waar leerders inligting kan gaan soek. In plaas van aanlyn vir inligting gaan soek kan die klaskamer gevul word met verskillende boeke, artikels en ander bronne en sodoende kan leerders in die klaskamer gaan inligitng soek.
Daar is ook bevind dat leerders gebruik maak van soekenjins op die internet om hul werk vir hulself te vergemaklik. Leerders druk 'n woord in op 'n artikel en vind dan maklik die inligting wat hulle nodig het-dikwels weet die leerders dan nie eers wat aan gaan in die leesstuk nie. Leerders moet dus dan aangemoedig word om nie gebruik te maak van soekenjins nie, maar liewers self woorde en inligting op te soek in tekste en boeke wat hulle lees. Sodoende sal leerders meer intensief/diep lees en ook die breër konteks verstaan waarbinne hulle lees (afstand lees).
Bogenoemde is maar net 'n paar voorbeelde waar digitale pedagogie ontkoppel kan word.
(Lol! Ek weet nie eers of dit reg is nie, maar ek hoop ek het darem die regte inligting oorgedra).
No comments:
Post a Comment