Wednesday, 16 March 2016

Leerders se betrokkenheid in klas...


Waar om te begin???

Behoort leerders betrokke te wees in die klas???
Die afgelope week in glaskas was die hoofdoel van die klas om die leerder betrokke te maak in die les.  Dit het vir my gevoel asof die leerder die hele les moes aanbied en die onderwyser niks behoort te doen nie...  Moet dit so wees? Moet die leerders alles doen???
In my opinie behoort die onderwyser leiding te neem van die les, maar die betrokkenheid van die leerder is van uiterse belang. 
Indien die leerder nie deelneem aan die les nie behoort die onderwyser homself/haarself te vra waarom die leerder nie deelneem nie.  Die leerder mag dalk nie deelneem in klasaktiwiteite nie, aangesien die leerder nie weet wat aangaan in die klas nie, maar dit kan ook wees omdat die leerder nie “lus” is om die aktiwiteit te doen nie...
Sooo wat doen mens in die geval waar leerders nie spontaan wil deelneem aan aktiwiteite nie of nie "lus" is daarvoor nie??
  1. Vra leerders waarom hulle nie wil betrokke raak nie.  'n Onderwyser behoort te vra, want deelname is van uiterse belang en leerders baat regtig daarby deur betrokke te wees!
  2. Vra die leerders wat hulle graag wil doen in die klas óf hoe hulle die les sou aanbied.  Leerders sal dan voel asof hulle menings van belang is en dat die onderwyser nie net daar is om inligitng in hul keel af te druk nie.
  3. Wanneer leerders met voorstelle voorkom- probeer om die voorstelle in die les te implementeer
'n Klas sonder leerderbetrokkenheid is nie 'n goeie klas nie.  Leerders leer deur berokke te wees en dus moet onderwysers leerderbetrokkenheid aanmoedig!
Onderwysers kan leerderbetrokkenheid aanmoedig deur:
  • Beskikbaar en toeganklik te wees vir die leerders.
  • Openlik met leerders te kommunikeer.
  • Deur die vermoë te hê om leerders goed te onderrig.
  • Empatie te hê met leerders en hulle te verstaan.
  • Om te help met probleme wat leerders ondervind, soos byvoorbeeld wanneer 'n leerder dalk geboelie word.
  • Om Pro-Sosiale-Verbintenisse met leerders op te bou, soos om 'n leerder se verjaardag te onthou!

Leerders behoort regtig betrokke te wees in die klas!  Sodoende leer leerders nuwe vaardighede aan en leer leerders ook deur middel van self-doen.
Soooo om die eerste twee vrae te beantwoord… Leerders behoort nie die hele les oor te neem nie, maar hulle behoort in die grootste deel van die les betrokke te wees.  Betrokke in hierdie geval verwys na aktiwiteite waaraan hulle deelneem.  Met ander woorde die leerders behoort betrokke te wees by alle aktiwiteite in die klas en aktiwiteite of groepwerk wat selfleer behels behoort die grootste deel van die les te wees-  die leerders sal dus dan self leer- nie net antwoorde kry vanaf onderwysers nie.

Wednesday, 9 March 2016

Tegnologiese-bemiddelde afstandsleer


Na 'n langgggg en harde week van klasse, wat ek voel nie lekker is nie, en onnodig is, is dit maar logies om te dink dat ek ook self  na tegnologiese-bemiddelde afstandsleer dalk mag draai...
Wat is tegnologiese-bemiddelde afstandsleer??? Dit is basies om te leer sonder die klasopset.  Met ander woorde jy as leerder kan in jou kamer sit en leer of waar ook al jy wil leer.  Daar is dikwels ook nie 'n onderwyser betrokke nie.  Dikwels word slegs die inhoud van die onderwyser gebruik.

Dis amper soos om jou slides van SunLearn af te laai en self te leer.

Hoekom benader leerders hierdie manier van leer?
Leerders vind dat sommige vakke wat aangebied word nie van belang is nie of hul glad nie interesseer nie.  Sommige leerders hou nie van toetse nie of selfs nie van interaksie nie.  Baie leerders voel ook dat sekere vakke nie van toepassing op hulle  is nie.  (Glo my ons almal het al vir onsself gevra waar sal ons ooit vir "x" moet vind in die "regte wêreld").

Die skoolkurrikulum is te beperk.  Dit beperk beide die leerders en die onderwyswers wat ‘n probleem kan wees vir nuwe idees en innovasie.
Ons leef in 'n era waar kinders meer gevorderd is.  Deesdae weet leerders meer as onderwysers en dus voel sommige leerders dat hulle nie 'n onderwyser nodig het om inhoud aan hulle oor te dra nie- Hulle voel hulle kan dit self leer- en dit is waar.

Ek myself kan getuig hoe ek al telkemaal my slides afgelaai het van SunLearn af en liewers dit self geleer het as om klas toe te gaan en dan 'n uur van my tyd mors- veral as ons nie in die klas die werk bespreek nie of as die slides "net so afgelees word".
Die wêreld is aan die verandering en Tegnologiese-bemiddelde afstandsleer is ‘n moontlikheid en word alreeds deur talle leerders benader.  Maar… dit is nie vir almal altyd moontlik nie.  Die probleem kom in met toegang, nie die algemene probleem dat almal nie altyd toegang het tot ‘n rekenaar byvoorbeeld het nie... Maar funksionele toegang, waar almal nie altyd weet hoe om sekere progamme te gebruik nie of eksperimentele toegang, waar mense nie weet hoe om te verbeter op wat hulle alreeds van ‘n program weet nie en ook kritiese toegang waar almal nie weet watter program die beste program is om te gebruik nie.

In my opinie is afstandleer moontlik, maar waar plaas dit ons? Ons wat besig is om te leer om goeie onderwysers te word? Stel dit nie ons in gevaar om eendag dalk nie ‘n werk te kry of te hê nie?

Tuesday, 1 March 2016

Sosiale media in my klaskamer.

Ek weet nie of ek dalk net te "outyds" is nie, maar vir my is dit nie sooooo noodsaaklik om sosiale media te gebruik in die klas nie...

Ek verkies eerder om indiepte gesprekke oor 'n onderwerp te hê in my klas.

Maaaaaarrrr... Sosiale media kan die klaskamer-gesprekke buite die klaskamer neem en dus is ek gewillig om dit te gebruik.

Meeste onderwysers vrees om sosiale media te gebruik in die klas, aangesien hulle bang is dat die leerders nie sal fokus op hul werk nie, maar eerder op wat aangaan op sosiale media.  Gelukkig is sosiale media nie net Facebook, Twitter of SnapChat nie.  Mens kry ook ander soorte media soos Edublogs, Kidblog en Edmodo wat leerders kan gebruik.

Sosiale media bied die geleentheid om 'n gesprek te hê oor werk buite die klaskamer.  Leerders kan met ander leerders regoor die wêreld gesels oor dieselfde projek of kwessie
óf ander leerders se instette daaroor sien! Dus maak dit leer meer globaal!

Sosiale media soos YouTube stel leerders in staat om hulle inligting te deel met ander en ook om ander leerders se idees te sien. 
Leerders kan selfs deur middel van sosiale media saam aan 'n projek werk!

Verder kan sosiale media ook as 'n "Reminder" dien.  Onderwysers kan aan leerders inligting oordra via sosiale media en kan ook maklik aandui aan leerders wanneer datums van die inhandiging van projekte dalk verander het.

Voorbeelde van media wat gebruik kan word in klas sluit in: Edublogs, Kidblog, Edmodo, Reminder, Twitter of selfs blogging.

Reminder is 'n goeie voorbeeld van 'n media wat gebruik kan word in die klaskamer.  Dit dien as 'n eenrigting-kommunikasie media waar onderwysers aan elke kind wie 'n selfoonnommer het inligitng kan oordra.  Reminder laat ook die onderwyser toe om aanhegsels aan die reminder te koppel.  Dus sal geen leerder se verskoning wees dat hy/sy dalk hul papiere verloor het nie.

Sosiale media skep dus dan vir leerders die geleentheid om met ander leerders te kommunikeer oor werk en om verskillende persepktiewe te kry.  Dus is sosiale media dan glad nie so 'n slegte "ding" om te gebruik in die klaskamer nie.  Onderwysers behoort net te leer hoe om dit te gebruik en watter sosiale media geskik vir hulle sal wees (maw watter media nie die leerders se aandag te veel sal aflei nie).