Wednesday, 16 March 2016

Leerders se betrokkenheid in klas...


Waar om te begin???

Behoort leerders betrokke te wees in die klas???
Die afgelope week in glaskas was die hoofdoel van die klas om die leerder betrokke te maak in die les.  Dit het vir my gevoel asof die leerder die hele les moes aanbied en die onderwyser niks behoort te doen nie...  Moet dit so wees? Moet die leerders alles doen???
In my opinie behoort die onderwyser leiding te neem van die les, maar die betrokkenheid van die leerder is van uiterse belang. 
Indien die leerder nie deelneem aan die les nie behoort die onderwyser homself/haarself te vra waarom die leerder nie deelneem nie.  Die leerder mag dalk nie deelneem in klasaktiwiteite nie, aangesien die leerder nie weet wat aangaan in die klas nie, maar dit kan ook wees omdat die leerder nie “lus” is om die aktiwiteit te doen nie...
Sooo wat doen mens in die geval waar leerders nie spontaan wil deelneem aan aktiwiteite nie of nie "lus" is daarvoor nie??
  1. Vra leerders waarom hulle nie wil betrokke raak nie.  'n Onderwyser behoort te vra, want deelname is van uiterse belang en leerders baat regtig daarby deur betrokke te wees!
  2. Vra die leerders wat hulle graag wil doen in die klas óf hoe hulle die les sou aanbied.  Leerders sal dan voel asof hulle menings van belang is en dat die onderwyser nie net daar is om inligitng in hul keel af te druk nie.
  3. Wanneer leerders met voorstelle voorkom- probeer om die voorstelle in die les te implementeer
'n Klas sonder leerderbetrokkenheid is nie 'n goeie klas nie.  Leerders leer deur berokke te wees en dus moet onderwysers leerderbetrokkenheid aanmoedig!
Onderwysers kan leerderbetrokkenheid aanmoedig deur:
  • Beskikbaar en toeganklik te wees vir die leerders.
  • Openlik met leerders te kommunikeer.
  • Deur die vermoë te hê om leerders goed te onderrig.
  • Empatie te hê met leerders en hulle te verstaan.
  • Om te help met probleme wat leerders ondervind, soos byvoorbeeld wanneer 'n leerder dalk geboelie word.
  • Om Pro-Sosiale-Verbintenisse met leerders op te bou, soos om 'n leerder se verjaardag te onthou!

Leerders behoort regtig betrokke te wees in die klas!  Sodoende leer leerders nuwe vaardighede aan en leer leerders ook deur middel van self-doen.
Soooo om die eerste twee vrae te beantwoord… Leerders behoort nie die hele les oor te neem nie, maar hulle behoort in die grootste deel van die les betrokke te wees.  Betrokke in hierdie geval verwys na aktiwiteite waaraan hulle deelneem.  Met ander woorde die leerders behoort betrokke te wees by alle aktiwiteite in die klas en aktiwiteite of groepwerk wat selfleer behels behoort die grootste deel van die les te wees-  die leerders sal dus dan self leer- nie net antwoorde kry vanaf onderwysers nie.

No comments:

Post a Comment