Na
'n langgggg en harde week van klasse, wat ek voel nie lekker is nie, en onnodig is,
is dit maar logies om te dink dat ek ook self na tegnologiese-bemiddelde
afstandsleer dalk mag draai...
Wat
is tegnologiese-bemiddelde afstandsleer??? Dit is basies om te leer sonder die
klasopset. Met ander woorde jy as leerder kan in jou kamer sit en leer of
waar ook al jy wil leer. Daar is dikwels ook nie 'n onderwyser betrokke
nie. Dikwels word slegs die inhoud van
die onderwyser gebruik.Dis amper soos om jou slides van SunLearn af te laai en self te leer.
Hoekom
benader leerders hierdie manier van leer?
Leerders
vind dat sommige vakke wat aangebied word nie van belang is nie of hul glad nie
interesseer nie. Sommige leerders hou nie van toetse nie of selfs nie van
interaksie nie. Baie leerders voel ook dat sekere vakke nie van toepassing
op hulle is nie. (Glo my ons almal
het al vir onsself gevra waar sal ons ooit vir "x" moet vind in die
"regte wêreld").
Die
skoolkurrikulum is te beperk. Dit beperk
beide die leerders en die onderwyswers wat ‘n probleem kan wees vir
nuwe idees en innovasie.
Ons
leef in 'n era waar kinders meer gevorderd is. Deesdae weet leerders meer
as onderwysers en dus voel sommige leerders dat hulle nie 'n onderwyser nodig
het om inhoud aan hulle oor te dra nie- Hulle voel hulle kan dit self leer- en dit is
waar.
Ek
myself kan getuig hoe ek al telkemaal my slides afgelaai het van SunLearn af en
liewers dit self geleer het as om klas toe te gaan en dan 'n uur van my tyd
mors- veral as ons nie in die klas die werk bespreek nie of as die slides
"net so afgelees word".
Die
wêreld is aan die verandering en Tegnologiese-bemiddelde afstandsleer is ‘n
moontlikheid en word alreeds deur talle leerders benader. Maar… dit is nie vir almal altyd moontlik
nie. Die probleem kom in met toegang,
nie die algemene probleem dat almal nie altyd toegang het tot ‘n rekenaar
byvoorbeeld het nie... Maar funksionele toegang, waar almal nie altyd weet hoe om
sekere progamme te gebruik nie of eksperimentele toegang, waar mense nie weet
hoe om te verbeter op wat hulle alreeds van ‘n program weet nie en ook kritiese
toegang waar almal nie weet watter program die beste program is om te gebruik nie.
In
my opinie is afstandleer moontlik, maar waar plaas dit ons? Ons wat besig is om
te leer om goeie onderwysers te word? Stel dit nie ons in gevaar om eendag dalk
nie ‘n werk te kry of te hê nie?
No comments:
Post a Comment