Tuesday, 1 March 2016

Sosiale media in my klaskamer.

Ek weet nie of ek dalk net te "outyds" is nie, maar vir my is dit nie sooooo noodsaaklik om sosiale media te gebruik in die klas nie...

Ek verkies eerder om indiepte gesprekke oor 'n onderwerp te hê in my klas.

Maaaaaarrrr... Sosiale media kan die klaskamer-gesprekke buite die klaskamer neem en dus is ek gewillig om dit te gebruik.

Meeste onderwysers vrees om sosiale media te gebruik in die klas, aangesien hulle bang is dat die leerders nie sal fokus op hul werk nie, maar eerder op wat aangaan op sosiale media.  Gelukkig is sosiale media nie net Facebook, Twitter of SnapChat nie.  Mens kry ook ander soorte media soos Edublogs, Kidblog en Edmodo wat leerders kan gebruik.

Sosiale media bied die geleentheid om 'n gesprek te hê oor werk buite die klaskamer.  Leerders kan met ander leerders regoor die wêreld gesels oor dieselfde projek of kwessie
óf ander leerders se instette daaroor sien! Dus maak dit leer meer globaal!

Sosiale media soos YouTube stel leerders in staat om hulle inligting te deel met ander en ook om ander leerders se idees te sien. 
Leerders kan selfs deur middel van sosiale media saam aan 'n projek werk!

Verder kan sosiale media ook as 'n "Reminder" dien.  Onderwysers kan aan leerders inligting oordra via sosiale media en kan ook maklik aandui aan leerders wanneer datums van die inhandiging van projekte dalk verander het.

Voorbeelde van media wat gebruik kan word in klas sluit in: Edublogs, Kidblog, Edmodo, Reminder, Twitter of selfs blogging.

Reminder is 'n goeie voorbeeld van 'n media wat gebruik kan word in die klaskamer.  Dit dien as 'n eenrigting-kommunikasie media waar onderwysers aan elke kind wie 'n selfoonnommer het inligitng kan oordra.  Reminder laat ook die onderwyser toe om aanhegsels aan die reminder te koppel.  Dus sal geen leerder se verskoning wees dat hy/sy dalk hul papiere verloor het nie.

Sosiale media skep dus dan vir leerders die geleentheid om met ander leerders te kommunikeer oor werk en om verskillende persepktiewe te kry.  Dus is sosiale media dan glad nie so 'n slegte "ding" om te gebruik in die klaskamer nie.  Onderwysers behoort net te leer hoe om dit te gebruik en watter sosiale media geskik vir hulle sal wees (maw watter media nie die leerders se aandag te veel sal aflei nie).
 

No comments:

Post a Comment