Tuesday, 5 April 2016

Die Potensiaal van Interaktiewe Witborde

Okkaaaayyyy... Soooo... Dit lyk asof daar elke dag iets nuuts ontwerp word. 

Toe ek hoor ons moet skryf oor die interaktiewe witbord, het ek gedink aan die witbord in die klas waarop mens kan skryf met nie-permanente "koukies" en dan weer kan afee met 'n nat lap, nadat mens, as klas, daarop op 'n interaktiewe manier gewerk het.

Clearly is dit nie interaktief genoeg nie...

So wat is die interaktiewe witbord???  Ek het dit bietjie gaan navors en uitgevind dat dit uit 3 komponente bestaan: jou rekenaar, 'n projektor en 'n witbord.
Alles wat op jou rekenaar is kan gesien en gehoor word op die interaktiewe witbord.  Die projektor projekteer die beeld van die rekenaar op die witbord, waarna interaksie op die witbord plaasvind sonder om aan die rekenaar te raak.

Sommige witborde werk met penne, waar die pen gebruik word om op die witbord te klik en dien as die muis van die witbord, terwyl daar op ander witborde gewerk kan word deur net jou vinger te gebruik...

Nou om die vraag te beantwoord: Wat is die interaktiewe witbord se potensiaal om in my vakgebied gebruik te word.

Eerstens, dit is duur.  Indien ek nie befonds word deur die skool waar ek skool gaan gee nie, sal ek nie die bord gebruik nie.
Tweedens, die bord is nie nodig om gebruik te word nie.  Alles wat op die bord gedoen kan word, kan ook deur 'n powerpoint gedoen word wat op 'n gewone bord geprojekteer word.  Al nadeel is, dat ek nie op die witbord kan integreer nie en heeltyd na my rekenaar moet gaan om byvoorbeeld van slides te verander, maar dis nie ontmoontlik nie.  Ons het dan tot dusver al sonder dit reggekom, so hoekom nie nou ook nie?

Die interaktiewe witbord is gevorderde en dus goeie tegnologie, maar dis nie nodig om in 'n klas te gebruik nie.  Dis maar net 'n vergroote-"touchscreen"-rekenaar wat basies alles doen wat die rekenaar ook doen en wie se skerm nooit sal breek nie (Maar die skerm se onbreekbare koste is reeds ingetel by die groottotaal van die bord).

Wednesday, 16 March 2016

Leerders se betrokkenheid in klas...


Waar om te begin???

Behoort leerders betrokke te wees in die klas???
Die afgelope week in glaskas was die hoofdoel van die klas om die leerder betrokke te maak in die les.  Dit het vir my gevoel asof die leerder die hele les moes aanbied en die onderwyser niks behoort te doen nie...  Moet dit so wees? Moet die leerders alles doen???
In my opinie behoort die onderwyser leiding te neem van die les, maar die betrokkenheid van die leerder is van uiterse belang. 
Indien die leerder nie deelneem aan die les nie behoort die onderwyser homself/haarself te vra waarom die leerder nie deelneem nie.  Die leerder mag dalk nie deelneem in klasaktiwiteite nie, aangesien die leerder nie weet wat aangaan in die klas nie, maar dit kan ook wees omdat die leerder nie “lus” is om die aktiwiteit te doen nie...
Sooo wat doen mens in die geval waar leerders nie spontaan wil deelneem aan aktiwiteite nie of nie "lus" is daarvoor nie??
  1. Vra leerders waarom hulle nie wil betrokke raak nie.  'n Onderwyser behoort te vra, want deelname is van uiterse belang en leerders baat regtig daarby deur betrokke te wees!
  2. Vra die leerders wat hulle graag wil doen in die klas óf hoe hulle die les sou aanbied.  Leerders sal dan voel asof hulle menings van belang is en dat die onderwyser nie net daar is om inligitng in hul keel af te druk nie.
  3. Wanneer leerders met voorstelle voorkom- probeer om die voorstelle in die les te implementeer
'n Klas sonder leerderbetrokkenheid is nie 'n goeie klas nie.  Leerders leer deur berokke te wees en dus moet onderwysers leerderbetrokkenheid aanmoedig!
Onderwysers kan leerderbetrokkenheid aanmoedig deur:
  • Beskikbaar en toeganklik te wees vir die leerders.
  • Openlik met leerders te kommunikeer.
  • Deur die vermoë te hê om leerders goed te onderrig.
  • Empatie te hê met leerders en hulle te verstaan.
  • Om te help met probleme wat leerders ondervind, soos byvoorbeeld wanneer 'n leerder dalk geboelie word.
  • Om Pro-Sosiale-Verbintenisse met leerders op te bou, soos om 'n leerder se verjaardag te onthou!

Leerders behoort regtig betrokke te wees in die klas!  Sodoende leer leerders nuwe vaardighede aan en leer leerders ook deur middel van self-doen.
Soooo om die eerste twee vrae te beantwoord… Leerders behoort nie die hele les oor te neem nie, maar hulle behoort in die grootste deel van die les betrokke te wees.  Betrokke in hierdie geval verwys na aktiwiteite waaraan hulle deelneem.  Met ander woorde die leerders behoort betrokke te wees by alle aktiwiteite in die klas en aktiwiteite of groepwerk wat selfleer behels behoort die grootste deel van die les te wees-  die leerders sal dus dan self leer- nie net antwoorde kry vanaf onderwysers nie.

Wednesday, 9 March 2016

Tegnologiese-bemiddelde afstandsleer


Na 'n langgggg en harde week van klasse, wat ek voel nie lekker is nie, en onnodig is, is dit maar logies om te dink dat ek ook self  na tegnologiese-bemiddelde afstandsleer dalk mag draai...
Wat is tegnologiese-bemiddelde afstandsleer??? Dit is basies om te leer sonder die klasopset.  Met ander woorde jy as leerder kan in jou kamer sit en leer of waar ook al jy wil leer.  Daar is dikwels ook nie 'n onderwyser betrokke nie.  Dikwels word slegs die inhoud van die onderwyser gebruik.

Dis amper soos om jou slides van SunLearn af te laai en self te leer.

Hoekom benader leerders hierdie manier van leer?
Leerders vind dat sommige vakke wat aangebied word nie van belang is nie of hul glad nie interesseer nie.  Sommige leerders hou nie van toetse nie of selfs nie van interaksie nie.  Baie leerders voel ook dat sekere vakke nie van toepassing op hulle  is nie.  (Glo my ons almal het al vir onsself gevra waar sal ons ooit vir "x" moet vind in die "regte wêreld").

Die skoolkurrikulum is te beperk.  Dit beperk beide die leerders en die onderwyswers wat ‘n probleem kan wees vir nuwe idees en innovasie.
Ons leef in 'n era waar kinders meer gevorderd is.  Deesdae weet leerders meer as onderwysers en dus voel sommige leerders dat hulle nie 'n onderwyser nodig het om inhoud aan hulle oor te dra nie- Hulle voel hulle kan dit self leer- en dit is waar.

Ek myself kan getuig hoe ek al telkemaal my slides afgelaai het van SunLearn af en liewers dit self geleer het as om klas toe te gaan en dan 'n uur van my tyd mors- veral as ons nie in die klas die werk bespreek nie of as die slides "net so afgelees word".
Die wêreld is aan die verandering en Tegnologiese-bemiddelde afstandsleer is ‘n moontlikheid en word alreeds deur talle leerders benader.  Maar… dit is nie vir almal altyd moontlik nie.  Die probleem kom in met toegang, nie die algemene probleem dat almal nie altyd toegang het tot ‘n rekenaar byvoorbeeld het nie... Maar funksionele toegang, waar almal nie altyd weet hoe om sekere progamme te gebruik nie of eksperimentele toegang, waar mense nie weet hoe om te verbeter op wat hulle alreeds van ‘n program weet nie en ook kritiese toegang waar almal nie weet watter program die beste program is om te gebruik nie.

In my opinie is afstandleer moontlik, maar waar plaas dit ons? Ons wat besig is om te leer om goeie onderwysers te word? Stel dit nie ons in gevaar om eendag dalk nie ‘n werk te kry of te hê nie?

Tuesday, 1 March 2016

Sosiale media in my klaskamer.

Ek weet nie of ek dalk net te "outyds" is nie, maar vir my is dit nie sooooo noodsaaklik om sosiale media te gebruik in die klas nie...

Ek verkies eerder om indiepte gesprekke oor 'n onderwerp te hê in my klas.

Maaaaaarrrr... Sosiale media kan die klaskamer-gesprekke buite die klaskamer neem en dus is ek gewillig om dit te gebruik.

Meeste onderwysers vrees om sosiale media te gebruik in die klas, aangesien hulle bang is dat die leerders nie sal fokus op hul werk nie, maar eerder op wat aangaan op sosiale media.  Gelukkig is sosiale media nie net Facebook, Twitter of SnapChat nie.  Mens kry ook ander soorte media soos Edublogs, Kidblog en Edmodo wat leerders kan gebruik.

Sosiale media bied die geleentheid om 'n gesprek te hê oor werk buite die klaskamer.  Leerders kan met ander leerders regoor die wêreld gesels oor dieselfde projek of kwessie
óf ander leerders se instette daaroor sien! Dus maak dit leer meer globaal!

Sosiale media soos YouTube stel leerders in staat om hulle inligting te deel met ander en ook om ander leerders se idees te sien. 
Leerders kan selfs deur middel van sosiale media saam aan 'n projek werk!

Verder kan sosiale media ook as 'n "Reminder" dien.  Onderwysers kan aan leerders inligting oordra via sosiale media en kan ook maklik aandui aan leerders wanneer datums van die inhandiging van projekte dalk verander het.

Voorbeelde van media wat gebruik kan word in klas sluit in: Edublogs, Kidblog, Edmodo, Reminder, Twitter of selfs blogging.

Reminder is 'n goeie voorbeeld van 'n media wat gebruik kan word in die klaskamer.  Dit dien as 'n eenrigting-kommunikasie media waar onderwysers aan elke kind wie 'n selfoonnommer het inligitng kan oordra.  Reminder laat ook die onderwyser toe om aanhegsels aan die reminder te koppel.  Dus sal geen leerder se verskoning wees dat hy/sy dalk hul papiere verloor het nie.

Sosiale media skep dus dan vir leerders die geleentheid om met ander leerders te kommunikeer oor werk en om verskillende persepktiewe te kry.  Dus is sosiale media dan glad nie so 'n slegte "ding" om te gebruik in die klaskamer nie.  Onderwysers behoort net te leer hoe om dit te gebruik en watter sosiale media geskik vir hulle sal wees (maw watter media nie die leerders se aandag te veel sal aflei nie).
 

Tuesday, 23 February 2016

Digitale Pedagogie vs Aanlyn Leer

In hierdie blog sal die atikels: Decoding Digital Pedagogy pt 1 (Beyond the LMS) en pt 2 ((Un)mapping the Terrain) bespreek word.

Eerstens, die artikels lees baie makliker as die vorige blog se artikel.  Dit is maklik om te verstaan en dit is ook korter as die vorige artikel.

"Beyond the LMS" handel oor die probleem dat mense dikwels digitale pedagogie misverstaan vir aanlyn leer.  Digitale pedagogie en Aanlyn leer is nie dieselfde ding nie.
LMS (Learning Management System) verwys na 'n raamwerk waarbinne tradisionele onderwys plaasvind.  Aanlyn leer vind plaas binne die LMS, terwyl digitale pedagogie weg van die LMS beweeg.

Volgens die artikel pas die LMS nie aan by die vinnige veranderende wêreld nie.  Die LMS maak voorsiening vir aanlyn leer, maar dit fokus net op basiese dinge aanlyn soos om inligting aanlyn te kry, terwyl die internet meer ingewikkeld is en 'n verskeidenheid van maniere om te leer bied.

Digitale pedagogie gaan verby die perke wat die LMS stel.  Volgens die artikel is digitale pedagogie "die plek waar filosofie en die praktyk ontmoet".  Met ander woorde digtale pedagogieë dink oor nuwe idees (filosofeer oor verskillende dinge) en gaan oor die perke wat gestel is om leerwerk lekker te maak vir die nuwe generasie.

Digtale pedagogieë improviseer dus, hulle reageer ook op die nuwe samelewing en eksperimenteer met nuwe idees.  Daar is geen perke vir digtale pedagogieë nie, en indien daar wel is, sal hulle dit ook oorskry om inligting op 'n "lekker" manier oor te dra.

(Un)mapping the Terrain verduidelik dat mens nie net digitale pedagogie kan leer in een les nie, maar dat digitale pedagogie 'n soort doktine is.  Dit is amper soos 'n graad waarvoor jy leer.  Meer spesifiek, vereis digitale pedagogie meer navorsing, ervaring, 'n oopheid vir elke nuwe aktiwiteit wat geleer kan word, tegnologie en samewerking.
Die artikel voer ook aan dat digitale pedagogieë oor die magsverhoudings tussen studente en onderwysers na dink.  Hulle probeer ook om instansies van leer in samewerking met mekaar te maak en die instansies sonder hiërargie te maak.

Digtale pedagogieë leer ook hul gereedskap, in plaas daarvan dat die gereedskap hul leer en beperk.

In gevolgtrekking voer die twee artikels aan dat digitale pedagogie nie dieselfde is as aanlyn leer nie, aangesien aanlyn leer beperk is, terwyl digitale pedagogie oor perke gaan om aan te pas by die veranderende wêreld.

Tuesday, 16 February 2016

Digitale Pedagogie Ontkoppel

Sooooo waar om te begin??? Op die oomblik weet ek nie eers wat ek gelees het nie, maar here goes...

Eerstens... Wat is digitale pedagogie??? Digitaal verwys na elektroniese tegnologie, terwyl  pedagogie verwys na wat geleer kan word, soos nuwe teorieë, strategieë of onderwyspraktyke. Dus kan digitale pedagogie omskryf word as 'n poging om tegnologie te gebruik om inligting oor te dra.

Ons lewe tans in 'n samelewing waar enigiets gekoppel kan word aan tegnologie, selfs onderrig.  Leerders kan inligitng vir take aanlyn soek, boeke kan aanlyn gevind  en gelees word en onderwysers bied selfs lesings aan op PowerPoint.  Dit het tot 'n punt gekom waar daar geglo word dat niks sonder tegnologie gedoen kan word nie.  MAAR die artikel voer aan dat digitale pedagogie steeds gedoen kan word sonder om gekoppel te word aan tegnologie.

Sommige onderwysers/teoretici het dus begin soek na alternatiewe. 

Bowen stel die idee van "naak onderrig" voor.  Bowen stel voor om alle rekenaars en projektors te verwyder uit die klaskamer en sodoende die klaskamer 'n interaktiewe klaskamer te maak.
 
Die klaskamer kan ook dien as 'n sekere netwerk.  Dit is duidelik dat leerders inligting aanlyn soek.  Die klaskamer kan omskep word in 'n netwerk waar leerders inligting kan gaan soek.  In plaas van aanlyn vir inligting gaan soek kan die klaskamer gevul word met verskillende boeke, artikels en ander bronne en sodoende kan leerders in die klaskamer gaan inligitng soek.

Daar is ook bevind dat leerders gebruik maak van soekenjins op die internet om hul werk vir hulself te vergemaklik.  Leerders druk 'n woord in op 'n artikel en vind dan maklik die inligting wat hulle nodig het-dikwels weet die leerders dan nie eers wat aan gaan in die leesstuk nie.  Leerders moet dus dan aangemoedig word om nie gebruik te maak van soekenjins nie, maar liewers self woorde en inligting op te soek in tekste en boeke wat hulle lees.  Sodoende sal leerders meer intensief/diep lees en ook die breër konteks verstaan waarbinne hulle lees (afstand lees).

Bogenoemde is maar net 'n paar voorbeelde waar digitale pedagogie ontkoppel kan word.

(Lol! Ek weet nie eers of dit reg is nie, maar ek hoop ek het darem die regte inligting oorgedra).