Okkaaaayyyy... Soooo... Dit lyk asof daar elke dag iets nuuts ontwerp word.
Toe ek hoor ons moet skryf oor die interaktiewe witbord, het ek gedink aan die witbord in die klas waarop mens kan skryf met nie-permanente "koukies" en dan weer kan afee met 'n nat lap, nadat mens, as klas, daarop op 'n interaktiewe manier gewerk het.
Clearly is dit nie interaktief genoeg nie...
So wat is die interaktiewe witbord??? Ek het dit bietjie gaan navors en uitgevind dat dit uit 3 komponente bestaan: jou rekenaar, 'n projektor en 'n witbord.
Alles wat op jou rekenaar is kan gesien en gehoor word op die interaktiewe witbord. Die projektor projekteer die beeld van die rekenaar op die witbord, waarna interaksie op die witbord plaasvind sonder om aan die rekenaar te raak.
Sommige witborde werk met penne, waar die pen gebruik word om op die witbord te klik en dien as die muis van die witbord, terwyl daar op ander witborde gewerk kan word deur net jou vinger te gebruik...
Nou om die vraag te beantwoord: Wat is die interaktiewe witbord se potensiaal om in my vakgebied gebruik te word.
Eerstens, dit is duur. Indien ek nie befonds word deur die skool waar ek skool gaan gee nie, sal ek nie die bord gebruik nie.
Tweedens, die bord is nie nodig om gebruik te word nie. Alles wat op die bord gedoen kan word, kan ook deur 'n powerpoint gedoen word wat op 'n gewone bord geprojekteer word. Al nadeel is, dat ek nie op die witbord kan integreer nie en heeltyd na my rekenaar moet gaan om byvoorbeeld van slides te verander, maar dis nie ontmoontlik nie. Ons het dan tot dusver al sonder dit reggekom, so hoekom nie nou ook nie?
Die interaktiewe witbord is gevorderde en dus goeie tegnologie, maar dis nie nodig om in 'n klas te gebruik nie. Dis maar net 'n vergroote-"touchscreen"-rekenaar wat basies alles doen wat die rekenaar ook doen en wie se skerm nooit sal breek nie (Maar die skerm se onbreekbare koste is reeds ingetel by die groottotaal van die bord).
No comments:
Post a Comment